Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult
  • Welkom!
  • Home
  • Preke & Nuusbriewe
  • About
  • Raak betrokke
  • Meetings
  • Kleingroepe
  • Ministries
    • Student Focus
    • Christian Basics
    • Pray
    • Serve IN church
    • Serve ON the Bult
    • Offerings of gratitude
  • G5 Bediening
  • Our people
  • Kalender
  • Resources
  • Praat met ons
  • Contact
  • English
  • Afrikaans
 

Eerstejaarskamp 2019

Picture
In die begin van die jaar ervaar ons altyd ’n hele reeks emosies. Dit kan onsekerheid wees omdat jy as eerstejaar nou in ’n hele nuwe lewe instap. Dit kan stres wees oor die nuwe akademiese jaar en sy uitdagings vir jou as senior student, of dit kan selfs ’n bekommernis oor jou finansies wees. So tussendeur al die stres en onsekerheid is ons wel ook opgewonde, en dit is hierdie opgewondenheid wat ons ook wil kan toepas in ons geloofslewe. Ons moet weet dat te midde van al die uitdagings wat ons in die gesig gaan staar in die jaar wat voorlê ons steeds kan vertrou op die Here om ons daarin by te staan.
Ons gaan op hierdie kamp leer hoe om deur die Here se krag te bou as almal wil afbreek. Deur te kyk na Nehemia gaan ons ook leer dat ons moet kyk na die mense om ons en hul geestelike- en fisiese nood en dat die jaar wat voorlê nie net jou jaar is nie, maar die jaar waar jy in die Here se jaar is. Ons gaan leer hoe om staande te bly as ’n gelowige in ’n baie aanvallerige samelewing en om deur alles te weet dat ons krag alleen by die Here Jesus Christus lê.
Kom wees deel van hierdie wonderlike belewenis saam met medegelowiges op ’n baie lekker kampterrein. Dit is vir seker iets wat jy nie wil misloop nie!
Alle eerstejaars- en senior studente is welkom. 

NB!: Moet ook nie toelaat dat ’n tekort aan finansies maak dat jy nie op die kamp kan kom nie. Daar is finansiële ondersteuning beskikbaar. Skakel of Whatsapp net vir Peet by 078 782 2346  
Elektroniese Inskrywingsvorm
Vrywaringsvorm (pdf)
Picture

G5 Bult Bediening

Dit het alles begin met ʼn probleem wat oënskynlik onoplosbaar was. Ek het al hoe meer bewus geword dat Christene geen impak het nie. En die rede hiervoor is dat ons eenvoudig net nie wil luister nie. Ons reageer soos geestelike polisiemanne. Ons het al die antwoorde en ons gee hierdie antwoorde nog voordat ons die vraag gehoor het. Daarom kon die idee vir ʼn luisterbediening nie op ʼn beter tyd gebore word nie.

Vir die eerste maal is daar nou mense wat mekaar bewus maak hoe om te luister. Mense wat mekaar bewus maak van wat hulle gehoor het. Die beste deel is dat daar ʼn dubbele effek is. Eerstens word ander mense bereik deurdat ek bereid is om waarlik te luister. Tweedens word ek verander deurdat ek nie meer swart en wit sien nie, maar volkleur. Ek sien nie meer net reg en verkeerd nie, maar juis waarom die Here ons leer van reg en verkeerd. Deur waarlik te luister kan ek die vrese en twyfeling raaksien wat agter die sonde lê wat mense doen. Deur te luister het ek geleer dat die sonde maar net ʼn vrug is van dieper probleme. En dit is hierdie probleme wat ons moet aanspreek in liefde. Dit is hierdie probleme wat ons net kan aanspreek as ons waarlik geluister het.

Volg ons ook op sosiale media netwerke: